In November 2026 het Juanè Raats, ’n Suid-Afrikaanse Arbeidsterapeut met 22 jaar se kliniese en privaatpraktyk-ervaring, die Occupational Therapy Support Centre (OTSC) amptelik bekend gestel ná byna ’n dekade se ontwikkeling. Die Sentrum bied ’n sentrale ondersteuningsplatform vir Arbeidsterapeute, ander Gesondheidspraktisyns en verwante beroepsgroepe wat die toenemende administratiewe en sake-eise van Privaat-praktyk moet bestuur, sonder om die gehalte van Pasiëntesorg uit die oog te verloor.

Die bekendstelling fokus op ’n uitdaging wat dikwels eers duidelik word wanneer ’n Gesondheidspraktisyn ’n privaat Praktyk begin: professionele opleiding berei jou voor om Pasiënte te behandel, maar nie noodwendig om ’n Praktyk te bestuur nie. Praktisyns moet terselfdertyd verantwoordelikheid neem vir onder meer pasiëntinligting, personeelbestuur, rekordhouding, beleide, besigheidstelsels en regulatoriese vereistes, alles terwyl hulle steeds hul kliniese werk moet verrig.

Volgens Raats kan hierdie verantwoordelikhede druk op sowel die Terapeut as die Praktyk plaas. “Jy kwalifiseer as ’n Arbeidsterapeut omdat jy met Pasiënte wil werk, maar sodra jy ’n Praktyk open, besef jy vinnig dat kliniese werk net een deel van jou dag is. Daar word ook van jou verwag om mense, stelsels, administrasie, voldoening en die besigheid self te bestuur.”

Raats het in 2003 as Arbeidsterapeut gekwalifiseer en haar eerste Praktyk in 2004 in Bloemfontein geopen. Sy het later na Bethlehem en daarna na Kimberley uitgebrei. Oor meer as twee dekades in Privaat-praktyk het sy haar eie stelsels, dokumente en prosesse begin ontwikkel om die nie-kliniese kant van Praktykbestuur beter te hanteer.

Wat aanvanklik as ’n praktiese oplossing vir haar eie Praktyk begin het, het mettertyd in ’n groter konsep ontwikkel. Raats het besef dat talle Arbeidsterapeute dieselfde uitdagings op hul eie probeer oplos en dikwels ure spandeer aan die ontwikkeling van dokumente, beleide en stelsels waarvoor daar reeds elders in die beroep oplossings bestaan.

“Dit was vir my die keerpunt,” sê sy. “Ek het besef dat hoogs opgeleide Terapeute waardevolle tyd bestee om dieselfde administratiewe probleme oor en oor op te los. Daardie tyd kan eerder aan Pasiënte, Personeelontwikkeling of die bou van sterker Praktyke bestee word.”

OTSC bied ondersteuning op verskeie terreine wat met die bestuur en ontwikkeling van Privaat-praktyk verband hou, insluitend Praktykbestuur, menslike hulpbronne, opleiding, POPIA- en PAIA voldoening en professionele skakeling. Die platform ontwikkel ook praktiese, beroep-spesifieke hulpbronne, waaronder Tuisprogramme, administratiewe dokumente, verslagtemplate, behandelingsprotokolle en evalueringsmateriaal.

Raats beplan ook om in die toekoms ’n Praktisyns- en interverwysingsnetwerk as deel van die inisiatief te vestig, met die doel om Arbeidsterapeute makliker met mekaar te verbind, samewerking te bevorder en verwysings tussen Praktyke te vergemaklik.

Volgens Raats gaan dit oor veel meer as om administrasie makliker te maak. “Wanneer die besigheidskant van ’n Praktyk nie doeltreffend bestuur word nie, plaas dit uiteindelik druk op die Praktisyn, die Personeel en die gehalte van die Pasiënt se ervaring. Sterker stelsels en beter ondersteuning gee Gesondheidspraktisyns meer ruimte om te fokus op dit waarvoor hulle opgelei is. Die versorging en behandeling van hul Pasiënte.”

Ná byna ’n dekade se ontwikkeling is OTSC nou beskikbaar by www.otsc.co.za.