Hand Klei Tuisprogram
Service Description:
’n Tuisprogram met Hand Klei oefeninge wat gebruik word in Hand Terapie. Die fokus is om die pasiënt/klient te help met ’n Tuisprogram vir hand rehabilitasie en versterking.
What’s Included:
Hierdie Program word jou eiendom om in jou Praktyk te gebruik om uit te gee, of te verkoop, aan jou pasiënte/kliente as ‘n Tuisprogram. Jy kry toestemming om jou Praktyk-logo en kontakbesonderhede op die voorblad te sit. Jy kan hierdie Program herhaaldelik in jou Praktyk gebruik. Jy mag dit nie her-verkoop of aan ander Terapeute, Praktyke of Besighede verskaf nie. Die aankoop van hierdie Program is uitsluitlik vir die doel om dit te verkoop en te gebruik in jou eie Praktyk of Besigheid as ‘n Tuisprogram vir jou pasiënte/kliente. Wanneer jy hierdie Program aankoop, bevestig jy dat jy ‘n Arbeidsterapeut of Fisioterapeut is en dat jy volle verantwoordelikheid sal aanvaar vir elke pasiënt/klient aan wie jy die Program verkoop of gee. Hierdie Program kan slegs gebruik en aan pasiënte/kliente uitgedeel word onder jou toesig. OTSC of die Skrywer van hierdie Program aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings wat mag voorkom as gevolg van die gebruik van hierdie Program nie.
SLEGS VIR PROFESSIONELE GEBRUIK | NIE VIR GEBRUIK DEUR DIE ALGEMENE PUBLIEK NIE
OTSC se produkte en professionele ondersteuning is uitsluitlik bedoel vir gebruik deur gekwalifiseerde Mediese Praktisyns. Hulpbronne vir Nakoming en Menslike Hulpbronbestuur is beskikbaar aan alle Mediese Praktisyns.
OTSC se Tuisprogramme, Opleiding en Voortgesette Professionele Ontwikkelingskursusse (VPO) is uitsluitlik bedoel vir geregistreerde Arbeidsterapeute en Fisioterapeute.
Alle hulpbronne is ontwerp vir professionele gebruik en is nie bedoel vir gebruik of aankoop deur die algemene publiek nie.





